Die naam PEKELHARING word sedert 1953 gekoppel met alle aspekte van Pyp Orrelbou in Suid Afrika. In 1953 word Mnr J.H. Pekelharing [senior]- en tans woonagtig te Potchefstroom, aangestel as pyporrelbouer in diens van Muller Pyporrels. Hierdie firma word oorgeneem deur Suid Afrikaanse Orrel-Bouers van Pretoria, en Mnr J.H.Pekelharing word aangestel as senior Orrelbouer en intonateur.
Sy seun Jan Pekelharing word in diens van SAOB deur sy vader opgelei, en in 1983 aangestel as area verteenwoordiger te Port Elizabeth, waar die huidige besigheid dan in 1984 ‘n aanvang neem.
Jan Pekelharing Orrelbou is gestig in 1984 met hoofkantoor te Port Elizabeth.
Ons dienslewerings area was aanvanklik beperk tot die Oos-Kaap omgewing, maar soos die behoefte toegeneem het, is die area vergroot, en dek dus tans die Oos-, Wes- en Suid-Kaap streke. Gereelde stem- en onderhouds kontraktuele besoeke word, word dus maandeliks uitgevoer, en gevolglik word hierdie areas gereeld besoek.
Beide seuns van Jan Pekelharing word te Port Elizabeth opgelei as Orrelbouers. Die bestuur van Jan Pekelharing Orrelbou word in 2007 oorhandig aan seuns Sebastian en Daniel en die besigheid staan nou bekend as PEKELHARING ORRELBOU.